BLITSIGE BREINTJIES IS DIE ALLES-IN-EEN OPVOEDKUNDIGE PROGRAM
VIR KLEUTERS VAN 3 TOT 5 JAAR OUD

DIE PRET-SPEEL-EN-LEER PROGRAM VIR DIE HELE JAAR

40 MAKLIKE TEMAS
200 BYBELVERHALE
200 LESSIES VOLGENS DIE TEMA
MEER AS 500 KREATIEWE AKTIWITEITE
MUSIEK EN BEWEGINGS AKTIWITEITSPELETJIES
BAL SPELETJIES EN ANDER OEFENINGE EN SPELETJIES
OOG, HAND, TONG, VINGER EN SENSORIESE ONTWIKKELING SPELETJIES EN OEFENINGE
LIEDJIES EN RYMPIES
40 BAK EN BROU OEFENINGE
MAKLIKE DIAGRAMME OP CD EN IN HARDE KOPIE

 

Kontak Besonderhede: Lucinda
Sell: 083 278 7408
E-pos: lucindadup@mweb.co.za
PO Box 5314, Secunda, 2302


Blitsige Breintjies /Brainy Bob© is ‘n program wat ontwikkel is met die oog op dagmoeders en speelgroepies en kleuterskole wat nie reeds ‘n volledige program het vir die jaar nie, of waar die onderwyseres nie tyd het om dit self uit te werk nie. Dit is egter ook so opgestel dat enige moeder wat tuis haar kindjie self wil onderrig, die program kan gebruik om te verseker dat alle aspekte van die ontwikkelling aangespreek word en die kleuter ‘n groot voorsprong sal hê.

Blitsige Breintjies is gemik op kinders jonger as 5. Dus vir die jare voordat hulle na graad R of 0 kan gaan. Dit is dus aanvullend tot die voorskoolse program. Brainy Bob is egter gerig om volledig in te pas by die kurricullum van die onderwys departement, en bevat alles wat nodig is om kleuters te leer en te ontwikkel volgens die agt leerareas met gerigte onderwysmetode terwyl hulle ook speel.

Die program word deurentyd getoets deur verskeie speelgroepies en kleuterskole. Kleuters en onderwyseresse vind die program baie opbouend en voordelig. Dit is ook geskik vir persone sonder formele voorskoolse onderwys opleiding, en opvoeders kan verseker wees dat alle aspekte gedek word soos bepaal word deur die onderwys departement.
Volgens die leergerigte speletjies en oefeninge ontwikkel kleuters speel-speel .

Die agt leerareas vir kleuters soos sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe, wiskunde, taal en kuns en kultuur word reg deur die jaar ingewerk in die program. Daar is nou nuut toegevoeg tot die program ook wiskunde vir die twee groepe, perseptuele oefeninge en riglyne asook lewenswaarde lesse. Pixel die hasie maak elke tweede week sy verskyning met 'n storie wat handel oor 'n lewenswaarde. Kleuters neem deel aan gesprekke, word betrek by besprekings en kom dus nie eers agter dat hulle besig is om te leer nie. Kleuters word nie met hierdie program formeel geleer om te lees of skryf nie, maar skrifpatrone, wiskundige ontwikkeling volgens die ouderdom kry wel aandag as voorbereiding vir graad 0.

Blitsige Breintjies is Christelik gebasseer en die Bybelverhale is spesiaal verwerk vir kleuters. Daar word gepoog om die lewenswaardes by kleuters te vestig. Kinders word dus nie net geleer nie, maar ook opgevoed.

Die program is ingedeel in 40 weke se leerstof, volgens maklike temas. U sal oorgenoeg materiaal hê om die hele jaar lank gedurende termyne die kleuters te kan oplei en onderrig. Vorderings verslae in engels en Afrikaans. Volgens ouderdom.

Vir U gerief is die prentjies ook beskikbaar op die meegaande cd, sodat dit maklik met enige rekenaar uitgedruk kan word. Dit kan ook gewoon gefotostateer of nagetrek word. Die meeste van die prentjies of patrone is maklik sodat kleiner kinders dit ook kan doen. Groter kinders (4 -5 jariges) kan die meeste self teken en behoort ook aangemoedig te word om dit te doen met 'n bietjie hulp.

Indien U enige verdere navrae het, skakel my gerus: 083 278 7408 of e-pos na lucindadup@mweb.co.za vir gratis voorbeelde, stuur 'n e-pos of vul die vormpie in op die laaste bladsy sonder enige verpligting om te koop. Die pryse verskyn ook daar.

Dankie
LUCINDA

 

 
 
ALL-IN-ONE EDUCATIONAL PROGRAM FOR TODDLERS FROM BIRTH TO 5 YRS OLD