BABA BREINTJIES VIR BABAS
VAN GEBOORTE TOT 2 JAAR

DIE PRET-SPEEL-EN-LEER PROGRAM VIR KLEIN MENSIES

GESKRYF MET VERSKILLENDE AREAS VAN STIMULASIE VIR BABAS VANAF GEBOORTE.
MET OEFENINGE IN KATEGORIEË VIR ELKE OUDERDOM.


1. Perseptuele en intellektuele stimulasie
2. Taal ontwikkelling.
3. Motoriese stimulasie: Groot en fyn motories.
4. Sensoriese stimulasie: Taktiel, ouditief en visueel.


Jou baba, die beste en kosbaarste iets wat jy ooit gehad het of ooit sal kry. Geen geld ter wêreld kan jou baba koop nie en jy sal jou lewe gee in 'n oogwink vir hierdie kosbare klein mensie.

Die baba dae is kosbaar, tog is 'n mens geneig om hulle bietjie groter te wens.

Wanneer hulle groot is, wens mens hulle was weer so klein dat jy hulle styf kon vasdruk en hulle weinig meer gevra het as liefde en melkies.

Baba Breintjies is geskryf vir alle Mammas, Pappas en versorgers van Babas tot twee en 'n half jaar.

Vir elke ouderdomsgroep is daar sekere mylpale. Dit is egter geensins 'n rigiede beleid dat elke baba op daardie ouderdom iets Moet kan doen nie, eerder net 'n riglyn om te help bepaal of U baba se ontwikkelling normaal geskied en of daar dalk sekere areas is waar U meer aandag moet gee.

Geniet U tydjie saam met U baba. Stimuleer en speel terselfdertyd. Baba Breintjies sal U help om U baba se potensiaal optimaal te ontwikkel op speel en leer metodes wat pret is vir Mamma, Pappa of versorger sowel as vir baba.

Elke ouderdomsgroep het ander maniere om die baba te stimuleer. Alle babas moet op sekere gebiede gestimuleer word. Tog kan U die oefeninge van een ouderdomsgroep volhou totdat die baba dit nie meer geniet nie, of as U seker is dat dit nie meer gepas is nie. U sal bv ophou met kruipoefeninge wanneer U baba sterk kan kruip op sy eie. Speletjies soos "peek-a-boo " en wegkruip of wegsteek speletjies kan mee volgehou word tot kleinding dit nie meer geniet nie.
Pas die speletjies gerus aan volgens U baba se vermoë.

Ons hoor graag van U. Laat weet my hoe dit gaan met U baba. As iets nie reg klink nie, of U nie die oefening verstaan nie, skakel gerus of e-pos en ek help graag. As daar oefeninge is wat U voel nie gepas is vir die ouderdom nie, laat weet my asb dat ek dit verder kan navors en aanpas indien nodig. Die program is so goed soos die een wat die tyd spandeer om dit aan te bied. Vir gratis voorbeelde uit die program, stuur 'n e-pos of vul die vorm in aanlyn. Geen verpligting.

Tel: 083 278 7408
E-pos : lucindadup@mweb.co.za
Skryf vir ons na: Posbus 5314 SECUNDA 2302
Navraag aanlyn hier

 

 

 
 
ALL-IN-ONE EDUCATIONAL PROGRAM FOR TODDLERS FROM BIRTH TO 5 YRS OLD